On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Twee gesoek weens moord op Harrismith-boer

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:20 Mon, 31 Aug 2015

Twee gesoek weens moord op Harrismith-boer | News Article

Harrismith - Twee vermeende aanvallers van ‘n bejaarde boer wat die naweek op die plaas, Silo by Harrismith vermoor is en sy vrou ernstige steekwonde opgedoen het, is steeds op vrye voet.

Polisiewoordvoerder in die Vrystaat, Mmako Mophiring, sê Robert Rhadebe en sy vrou Martha is Vrydagaand tussen 20:00 en 22:00 deur twee mans in hul huis oorval.

Die rowers het aan hul deur geklop en wou blykbaar hout koop. Mophiring sê die booswigte het messe uitgeruk en onder meer geld en vuurwapens geëis. Martha het steekwonde in die rug en arms opgedoen, haar man het ook steekwonde gehad. Die egpaar se hande en voete is met lappe vasgebind en Robert is na ‘n ander vertrek in die huis gesleep. Mophiring sê ‘n erg beseerde Martha het later, toe die huis stil was, na ‘n nabygeleë huis gekruip om hulp te kry.

Die polisie is Saterdagoggend na die toneel ontbied.

Mophiring sê  Martha is na ‘n plaaslike hospitaal gebring. Die aanvallers het met ‘n onbekende bedrag geld, selfone en ‘n Nissan-bakkie weg. ‘n Klag van huisbraak en moord word ondersoek.

Christal-Lize Muller/OFM-nuus

 


Podcasts

Mmako Mophiring:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.