On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Harrismith-plaasmoord: Gesteelde bakkie gevind

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 10:12 Mon, 31 Aug 2015

Harrismith-plaasmoord: Gesteelde bakkie gevind | News Article

Harrismith - Die gesteelde bakkie waarmee twee vermeende aanvallers Vrydagaand op die vlug geslaan het na die moord op ‘n bejaarde boer by Harrismith is gisteraand teruggevind.

Vrystaatse polisiewoordvoerder, Mmako Mophiring, sê die verlate wit Nissan-bakkie is in Intabazwe gekry.

Dit kom nadat Robert Rhadebe en sy vrou Martha op die plaas Silo oorval en vasgebind is. Hulle het albei steekwonde opgedoen.

Die rowers is ook met geld en selfone vort.  

Mophiring sê Martha word in ‘n plaaslike hospitaal behandel. Robert is op die toneel dood.

Nog niemand is in hegtenis geneem nie. ‘n Klag van huisbraak en moord word ondersoek.

Christal-Lize Muller/OFM-nuus

 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.