On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Presidensiële beskermingsamptenare in die hof

───   DANE BEISHEIM 14:46 Mon, 31 Aug 2015

Presidensiële beskermingsamptenare in die hof | News Article

Potchefstroom - Twee lede van President Jacob Zuma se presidensiële beskermingseenheid verskyn tans in die Potchefstroom landdroshof op aanklag van poging tot moord.

Die saak hou verband met'n skietery in Augustus 2013 op die N12.

Sankoela Lepota en Malose Makonyane staan ook tereg op aanklagte van roekelose bestuur en die rig van 'n vuurwapen.

Lepota en Makonyane was van Pretoria na Kimberley onderweg toe hulle glo skote op 'n groen Uno gevuur het. Die Uno se linkervoorwiel is getref, maar die insittendes, Schalk en Nadine Enslin, is nie beseer nie.

Die twee polisielede het glo van die toneel weggery sonder om hulle besonderhede te verskaf of die saak aan te meld. OFM Nuus se Dane Beisheim woon die hofverrigtinge by.

Dane Beisheim/OFM Nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.