On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Koshuisinwoners geholpe ná brand by Potch-skool

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:08 Tue, 01 Sep 2015

Koshuisinwoners geholpe ná brand by Potch-skool | News Article

Potchefstroom - Al 43 koshuisinwoners van die Hoër Volkskool in Potchefstroom is geholpe en word tydelik gehuisves nadat ‘n brand gisteraand verwoesting gesaai het aan ‘n deel van die skool se seunskoshuis.

Beheerliggaamvoorsitter, Kobus Fourie, sê van die koshuisseuns wat in die stad en in omliggende gebiede bly, se ouers het hulle reeds kom haal. Meer as tien inwoners van elders bly gratis in die plaaslike Elgro Hotel. Fourie sê dié seuns sal stelselmatig in kamers in ‘n ander deel van die koshuis intrek, maar vir eers gaan hulle in die hotel tuis.

Volgens hom het die brand omstreeks 21:00 in die C-blok van die koshuis uitgebreek. Die meeste seuns was in die studiesaal, terwyl sleg drie leerlinge in hul kamers op die eerste verdieping van die gebou gestudeer het. Hy sê die skool se noodplan is vinnig in werking gestel en die hele koshuis is veilig ontruim.

Volgens hom is daar groot skade aan die eeu oue koshuisgebou, wat van groot historiese waarde is. Al die kamers op die eerste verdieping is verwoes en alles daarin is daarmee heen. Fourie sê daar was waterskade aan van die kamers op die grondverdieping.  

Fourie sê leerlinge wat deur die brand geraak is, het vandag almal skoolgegaan. Dit is belangrik dat hulle so gou moontlik weer hul normale roetine volg ná die traumatiese ervaring. Hulle ontvang ook berading.

Hy sê opruimingswerk sal na verwagting eers oor twee weke begin omdat die gebou veilig verklaar moet word. Die skool is dankbaar dat niemand beseer is nie.

Christal-Lize Muller/OFM-nuus
 

 


Podcasts

Kobus Fourie:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.