On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Kathu-moordverdagte vandag weer in hof

───   DANE BEISHEIM 09:24 Thu, 03 Sep 2015

Kathu-moordverdagte vandag weer in hof | News Article

Kathu - Die eggenoot van die ontslape speaker van die Noord-Kaap munisipaliteit, wat van haar moord aangekla word, sal na verwagting vandag weer in die Kathu-landdroshof verskyn.

Thamsangua Mjila, wat van vier moorde aangekla word, onder andere dié van sy vrou, is by sy vorige hofverskyning vir psigiatriese waarneming verwys. Hy word ook deur aanklagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer, asook brandstigting, in die gesig gestaar.

Die klagte hou verband met 'n voorval op 30 Mei waar hy na bewering sy vrou, Nokhaya, in Olifantshoek aan die brand gesteek het. Sy was in Olifantshoek by familie om aan te sterk nadat sy weens onbekende oorsake in die hospitaal opgeneem is.

Sy is 12 Junie dood as gevolg van die beserings wat sy in die brand opgedoen het. Drie van haar familielede, wat haar nege maande oue kleindogter insluit, het ook as gevolg van hul brandwonde beswyk.

Dane Beisheim/OFM Nuus

 

 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.