On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Meer spookwerkers in NW as regeringsamptenare in VS onderwys

───   CATHY DLODLO 12:21 Thu, 03 Sep 2015

Meer spookwerkers in NW as regeringsamptenare in VS onderwys | News Article

Bloemfontein - Die aantal spookwerkers in Noordwes Provinsiale Regering naamlik 36 000, is meer as die regeringsamptenare in die Vrystaatse onderwysdepartement.

Die onderwysdepartement in die Vrystaat is die grootste departement in die provinsiale regering en spog met meer as 31 000 salaristrekkers wat onderwysers en administratiewe personeel by skole regoor die provinsie insluit.

Noordwes Premier Supra Mahumapelo het die tonge los gehad met sy onthulling vroeër vandeesweek dat meer as die helfte van sy regeringsamptenare moontlik spookwerkers is.

Waarnemende woordvoerder van dié provinsiale regering, Brian Setswambung, sê daar gaan binnekort ‘n ondersoek hierna gelas word.

Cathy Dlodlo/OFM Nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.