On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Human Interest

Hugh Jackman dalk volgende Bond

───   12:25 Thu, 03 Sep 2015

Hugh Jackman dalk volgende Bond | News Article

Londen - Die Australiese akteur, Hugh Jackman, het homself by die wedloop gevoeg om die nuwe James Bond te word.

Jackman sê hy is alreeds tien jaar gelede genader om die rol te speel, voordat Daniel Craig gekies is om die rol te vertolk.

Hy sê egter die tyd was toe nie reg nie omdat hy besig was om die X-Men rolprentreeks te verfilm. Jackman se grootste kompetisie is die Britse akteur Idris Elba.

James Bond-skrywer Anthony Horowitz was egter onlangs in die spervuur omdat hy 'n opmerking gemaak het wat impliseer dat 'n swart man nie sal deug om die bekende karakter te vertolk nie.

Jackman het gereageer op bespiegelinge nadat Craig aangedui het dat hy uit die rol van Bond sal tree ná die volgende film, genaamd Spectre.

Die 47-jarige akteur het 007 in drie Bond-films gespeel, naamlik Casino Royale, Quantum Of Solace en Skyfall.

The Guardian

 

 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.