On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Vermoorde NK-speaker se eggenoot weer in hof

───   09:18 Fri, 04 Sep 2015

Vermoorde NK-speaker se eggenoot weer in hof | News Article

Kathu - Die man van die ontslape Mgcawu-distriksmunisipaliteit speaker, Nokhaya Mjila, het gisteroggend vlugtig in die Kathu-landdroshof verskyn.

Polisiewoorvoerder Priscilla Naidu sê Thamsanqua Mjila sal oor twee weke op 17 September weer verskyn, nadat die saak teen hom gister vir verdere ondersoek uitgestel is.

Nokhaya is op 12 Junie in die Life Rosepark-hospitaal in Bloemfontein dood, nadat sy twee weke vantevore ernstige brandwonde opgedoen het toe haar man na bewering petrol oor haar uitgegooi en haar aan die brand gesteek het.

Die voorval het by ‘n familielid se huis op Olifantshoek plaasgevind. Thamsangu staan tereg op die moord op sy vrou, haar twee niggies Langa Dilodile en Masila Moyeng en haar nege maande-oue kleindogter Khanyi, asook een klagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer en brandstigting.

Hy bly in aanhouding in die Kuruman-gevangenis.

Dane Beisheim/OFM Nuus

 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.