On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Lichtenburg loop onder swaar donderstorm deur

───   DANE BEISHEIM 11:45 Fri, 04 Sep 2015

Lichtenburg loop onder swaar donderstorm deur | News Article

Lichtenburg - 'n Ernstige hael- en reënstorm op Lichtenburg in Noordwes gisteraand het etlike duisende rande se skade aan verskeie besighede en wonings in die dorp veroorsaak.

OFM verneem deur plaaslike besigheidseienaar Tania Grobler dat talle winkels in die nuwe Lichtenburg-inkopiesentrum onder water is.

Verskeie besighede, Grobler s'n inkluis, is ook sonder krag vandag en dus nie oop vir sake nie. Intussen spook sy en ander besighede vanoggend steeds verwoed om hael uit hulle geute te verwyder. Die situasie word vererger deur die feit dat daar nie enige krag is nie:

Intussen het Ditsobotla munisipale woordvoerder Pius Batsile aan OFM bevestig dat daar gebeurlikheidsplanne vir sulke situasies in plek is, en dat die munisipale raad tans vergader om verdere stappe te bespreek. Die totale omvang van die skade kon nog nie bepaal word nie.

Dane Beisheim/OFM Nuus

 

 


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.