On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Ramaphosa: Medelye aan NK-regering, Cjiekella-familie

───   OWEN KOCK 12:13 Fri, 04 Sep 2015

Ramaphosa:  Medelye aan NK-regering, Cjiekella-familie | News Article

Kimberley - Adjunk-president Cyril Ramaphosa, in sy hoedanigheid as waarnemende president van die land, het sy medelye aan die premier en die provinsiale regering van die Noord-Kaap, asook die familie van die LUR vir onderwys Grizelda Cjiekella-Lecholo oorgedra, na haar onlangse afsterwe.

Sy is verlede week na ‘n kort siekbed in ‘n Kimberley-hospitaal oorlede.

Cjiekella-Lecholo sal more ‘n Amptelike Provinsiale Begrafnis in Kimberley ontvang. Dié soort begrafnis word toegestaan aan speakers van wetgewers en lede van die uitvoerende raad in oorleg met die staat.

Ramaphosa het ook opdrag gegee dat vlae by vlagstasies van vandag tot môre halfstok hang.

Owen Kock/OFM Nuus

 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.