On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

Ondersoek begin nadat man verbrand in sel gevind word

───   DANE BEISHEIM 15:09 Fri, 04 Sep 2015

Ondersoek begin nadat man verbrand in sel gevind word | News Article

Kenhardt - Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat ondersoek 'n voorval waarin die 44-jarige Klaas Tieties dood aangetref is in 'n polisie-aanhoudingsel.

Volgens Opod-woordvoerder, Grace Langa het die voorval Donderdag plaasgevind by die Kenhardt-polisiestasie in die Noord-Kaap.

Tieties is in hegtenis geneem nadat hy op straat gedrink het. Hy is saam met ’n ander man, wat vir dieselfde oortreding gearresteer is, in die sel aangehou.

Langa sê beamptes het tussen 15:00 en 16:00 op sy lyk afgekom. Hy was van sy bo-bene tot sy bolyf verbrand. Langa sê sy liggaam is agter die seldeur aangetref, en was met 'n kombers bedek.

Dane Beisheim/OFM-nuus
 


Podcasts

Grace Langa:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.