On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Vermeende koperkabeldief doodgeskok

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 15:12 Fri, 04 Sep 2015

Vermeende koperkabeldief doodgeskok | News Article

Hennenman - Die polisie in die Vrystaat ondersoek ‘n voorval waarin ‘n vermeende koperkabeldief die week by ‘n munisipale substasie by Hennenman vermoedelik doodgeskok is.

Polisiewoordvoerder, Mamello Mokhuoane, sê ‘n senior munisipale elektrisiën het Woensdagaand net voor 21:00 op ‘n onbekende man se lyk met ernstige brandwonde afgekom. Volgens haar is sy hande verkool, wat die polisie se taak om hom te identifiseer bemoeilik.

Sy sê die elektrisiën is na die kragstasie omdat daar ‘n probleem met kragtoevoer was.

Mokhuoane vra enigiemand met inligting om hul naaste polisiekantoor te bel.

Christal-Lize Muller/OFM-nuus



 


Podcasts

Mamello Mokhuoane:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.