On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Cjiekella-Lecholo sal in elke dorpie en township gemis word

───   OWEN KOCK 09:50 Sat, 05 Sep 2015

Cjiekella-Lecholo sal in elke dorpie en township gemis word | News Article

Kimberley - Hulde is vanoggend gebring aan die ontslape Noord-Kaapse LUR vir Onderwys, Grizelda Cjiekella-Lecholo, tydens ‘n roerende begrafinisdiens in ‘n stampvol Mitah Seperepere konferensie sentrum in Kimberley.

In sy huldeblyk, het die LUR vir gesondheid en waarnemende Premier, Mxolisi Sokastha, gesê vandag bring nie net hy nie, maar die hele Noord-Kaapse gemeenskap hulde aan ‘n heldin wat hopeloos te vroeg weggeneem is.

Sokatsha het gesê hoewel Cjiekella-Lecholo nie meer daar is nie, sal sy lank onthou word in die klein dorpies en townshipswaar sy ‘n verskil in die lewens van die gewone mense gemaak het.

Cjiekella-Lecholo is voorverlede Vrydagoggend in ‘n Kimberley-hospitaal oorlede na ‘n kort siekbed.

Owen Kock/OFM Nuus


Podcasts

Die LUR vir Gesondheid en waarnemende Premier, Mxolisi Sokastha, bring hulde aan die ontslape Noord-Kaapse LUR vir Onderwys, Grizelda Cjiekella-Lecholo.:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.