On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

NW-ma agter tralies ná kinderverwaarlosing

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:48 Wed, 30 Sep 2015

NW-ma agter tralies ná kinderverwaarlosing | News Article

Brits - ‘n Ma van drie minderjarige kinders, van Jericho, Brits, is tot drie jaar tronkstraf gevonnis nadat sy haar kroos vir drie dae by haar buurvrou alleen gelaat het sonder om te verduidelik waarheen sy gaan.

Polisiewoordvoerder in Noordwes, Paul Ramaloko, sê Mapula Mabiletsa is gister in die plaaslike landdroshof gevonnis nadat sy vroeër skuldig aan kinderverwaarlosing bevind is.


Ramaloko sê Mabiletsa het in Julie verlede jaar haar kinders, almal onder die ouderdom van tien, by haar buurvrou gelos. Sy sou dieselfde dag nog terugkeer.

Ramaloko sê die kinders is in ‘n plek van veiligheid, terwyl hul ma haar vonnis uitdien. Hy sê die buurvrou is verlig dat geregtigheid geseëvier het omdat Mabiletsa haar kinders gewoonlik verwaarloos het.

Christal-Lize Muller/OFM-nuus


Podcasts

Paul Ramaloko:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.