On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

PUK-student skuldig - vonnis opgeskort

───   DANE BEISHEIM 17:09 Fri, 02 Oct 2015

PUK-student skuldig - vonnis opgeskort | News Article

Potchefstroom - 'n Derdejaar BCom-student aan die Noordwes-Universiteit is vandag in die Potchefstroom-landdroshof skuldig bevind op aanklagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer, asook onwettige betreding.

Die 24-jarige Lerato Phoofolo, wat in Augustus vanjaar 'n mede-inwoner van die Over-de-Voor manskoshuis, Hendri van Dyk, op kampus met 'n skêr in die arm, skouer en heup gesteek het, het vandag skuldig gepleit op die aanklagte teen hom.

Landdros Peter Jikkels het Phoofolo tot 12 maande gevangenisstraf en 'n R1 800 boete gevonnis, wat opgeskort is vir drie jaar op voorwaarde dat hy nie weer in daardie tyd soortgelyke oortredings begaan nie.

OFM-nuus se Dane Beisheim berig dat daar wel steeds 'n interne dissiplinêre verhoor by die NWU op Phoofolo wag.

Dane Beisheim/OFM News


Podcasts

Dane Beisheim:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.