On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Local News

Bloemfontein gemeenskap aktief betrokke om strate te beveilig

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 10:36 Sat, 03 Oct 2015

Bloemfontein gemeenskap aktief betrokke om strate te beveilig | News Article

Bloemfontein - AfriForum-buurtwagte in Bloemfontein was gisteraand deel van meer as 110 buurtwagte oor die land heen wat deelgeneem het aan die burgerregtegroep se nasionale inisiatief, Operasie Misdaadvry, wat vandeesweek bekend gestel is.

Dié inisiatief behels dat buurwagte, polisiëringsforums en private veiligheidinstansies saamspan en hul onderskeie gebiede in stede en dorpe deur die nag patrolleer in ‘n poging om misdaad te bekamp.

AfriForum se verteenwoordiger in die Wes-Vrystaat, Johann Hattingh, het hom by meer as 30 lede van die Wilgehof, Gardeniapark en Universitas buurtwag aangesluit,  wat om die beurt van 18:00 gisteraand tot vanoggend 06:00, die strate in die gebied gepatrolleer het.

Hattingh moedig gemeenskappe aan om betrokke te raak om hul gebiede in samewerking met die polisie te beveilig.

Christal-Lize Muller/OFM Nuus


Podcasts

AfriForum se verteenwoordiger in die Wes-Vrystaat, Johann Hattingh:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.