On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Vrystaatse vakbond skenk hommeltuig om renosterstropery te bekamp

───   10:41 Sat, 03 Oct 2015

Vrystaatse vakbond skenk hommeltuig om renosterstropery te bekamp | News Article

Bloemfontein - Die department van omgewingsake en natuurbewaring in die Vrystaat gaan die stryd teen renosterstropery voortaan met meer gevorderde tegnologie aanpak nadat ‘n toenemende getal renosters die afgelope maande aansienlik in die provinsie gestroop is.

Die departement se Coenie Erasmus, wat in beheer is van die Groenskerpioene wat voorvalle van wilddiefstal, insluitend renosterstropery, ondersoek, sê weens ‘n tekort aan mannekrag en duur gevorderde toerusting, is altesaam ses renosters die afgelope maand op private grond en in reservate in die provinsie doodgeskiet.

Hy sê die department gaan voortaan hommeltuie gebruik met ‘n nagsigfunksie om renosterstropery te bekamp.  Hy sê natuurbewaarders het nie die vermoë en die nodige toerusting om die stryd teen slinkse tropers te wen nie, terwyl ‘n hommeltuig  eerder as die duursame gebruik van helikopters, hul taak kan vergemaklik.

‘n Hommeltuig is stiller en minder sigbaar as ‘n helikopter. Erasmus sê dit beskik oor goeie kameraresolusies  wat die patrolering van heinings oor ‘n 5km afstand moontlik maak met minder mannekrag. Die tuig kan ook hoog en laer vlieg en goeie beeldmateriaal verskaf. Dit feit dat dit tot 400m hoog kan vlieg vergemaklik ook die tel van wild.

Die departement se eerste hommeltuig is gisteraand op die Vereniging vir Staatsamptenare in die Vrystaat s  aan die department op ‘n oorhandig.  Bestuurder van die VSA, Gerhard Koorts, sê geld is op ‘n gholfdag ten bate van die bekamping van renosterstropery gebruik om die hommeltuig aan te koop.

Die vakbond het besluit die skunking te maak omdat dit belangrik is om nie slegs na lede se belange om te sien nie, maar ook ‘n bydrae te maak tot natuurbewaring.

Erasmus sê die hommeltuig sal in die Willem Pretorius-reservaat, waar vier renosters die afgelope maand doodgeskiet is, gebruik word.  

Christal-Lize Muller/OFM Nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.