On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Local News

Niemand in hegtenis vir sakeman se skietdood

───   10:45 Sat, 03 Oct 2015

Niemand in hegtenis vir sakeman se skietdood | News Article

Johannesburg - Die polisie het niemand nog in hegtenis geneem in verband met die skietdood gister van 'n sakeman van Noordwes nie.

Die SAUK berig Wandile Bozwana is by die Garsfontein afrit op die N1-noord in Pretoria geskiet en het kort daarna aan sy wonde beswyk.

Volgens die polisie het 'n groep gewapende mans by die verkeerslig op Bozwana se voertuig begin skiet. Bozwana se kollega, wat die motor bestuur het, het weggejaag en by 'n motorhandelaar gestop. Hy is ook getref en is in 'n ernstige toestand in die hospitaal.

Die polisie het die publiek gevra wat inligting het om na vore te kom.

Bozwana was ten tyde van sy dood gewikkel in 'n Konstitusionele hofgeding teen die Noordwes-regering wat wou verhoed dat Bozwana op regeringsbates beslag lê om skuld te verhaal.

SABC

 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.