On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

Deense man doen aansoek om borgtog vandag

───   OWEN KOCK 06:21 Mon, 05 Oct 2015

Deense man doen aansoek om borgtog vandag | News Article

Bloemfontein - Die Deense man wat in Bloemfontein in hegtenis geneem is nadat vroulike geslagsdele in sy vrieskas gevind is, sal na verwagting vandag om borgtog aansoek doen in die plaaslike landdroshof.

Die man, wie se naam nie bekend gemaak mag word voor hy nie gepleit het nie, het verlede week via 'n audiovisuele netwerkverbinding in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn. Hy staar aanklagte van seksuele aanranding asook klagte ingevolge medisyne-wetgewing in die gesig. Hy is by sy meenthuiskompleks in Langenhovenpark in hegtenis geneem.

Die man is vroeër vir die onwettige besit van ivoor beboet. Die polisie vermoed ook dat hy in Denemarke gesoek word vir onwettige handel in vuurwapens. Daar word ook beweer dat hy verbind word met die moorde op twee vroue in Lesotho.

Owen Kock/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.