On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Sweeftuigvlieënier 'was ervare'

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:38 Mon, 05 Oct 2015

Sweeftuigvlieënier 'was ervare' | News Article

Potchefstroom - Die Suid-Afrikaanse sweefvereniging sê die dood van een van hul jarelange lede gister in ‘n vliegongeluk buite Potchefstroom by die plaaslike weermagbasis, het as ‘n groot skok gekom.

Voorsitter van die vereniging, Dirk Smit, sê  William Scott, wat werksaam was by ‘n motorhandelaar in die stad, was ‘n ervare vlieënier en sy dood is ‘n groot verlies.

Smit sê die oorsaak van die ongeluk, wat omstreeks 16:00 plaasgevind het, is nog onbekend. Volgens hom word die voorval deur burgerlugvaart ondersoek. "Scott se dood het ons geruk en ons medelye gaan uit aan sy gesin, familie en vriende."

Sweeftuigvlieëniers is sedert gister in Potchefstroom byeen vir ‘n streekkampioenskapsbyeenkoms waaraan sowat 25 sweeftuie deelneem. Die kompetisie duur tot eerskomende naweek. Smit sê Scott het nie aan die kompetisie deelgeneem nie.

Christal-Lize Muller/OFM-nuus

 


Podcasts

Dirk Smit:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.