On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Potch-moordverdagtes verskyn weer

───   DANE BEISHEIM 07:38 Tue, 06 Oct 2015

Potch-moordverdagtes verskyn weer | News Article

Potchefstroom - Die borgtogverhoor van vier verdagtes wat met die moord op die Potchefstroom-beesboer Koos van der Leeuw verbind word, hervat na verwagting vandag in die plaaslike landdroshof.

Die verdediging en staat sal na verwagting vandag hul finale argumente lewer, waarna Landdros Estie Jansen haar beslissing sal maak.

Die verdagtes staan tereg op aanklagte van onder meer moord en roof met verswarende omstandighede.

Die 68-jarige Van der Leeuw is op 18 Augustus in ‘n rooftog by ‘n abattoir in Potchefstroom geskiet. Hy is later die dag in die Mediclinic Sandton dood. Die verdagtes het met R77 500 en ’n selfoon gevlug.

Dane Beisheim/OFM News


Podcasts

Dane Beisheim:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.