On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Local News

Polisie-soektog duur voort na rowers in Harrismith-plaasaanval

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:42 Tue, 06 Oct 2015

Polisie-soektog duur voort na rowers in Harrismith-plaasaanval | News Article

Harrismith - Die polisie in die Vrystaat het nog niemand in hegtenis geneem in verband met die wrede aanval op ‘n weduwee op haar plaas by Harrismith nie.

Dit kom nadat Allison Oates, ‘n uitvoerende bestuurslid van Vrystaat Landbou (VL) en ‘n beesboer, Sondagmiddag op haar plaas Oatesdale deur twee aanvallers met ‘n mes gesteek, ‘n warm strykyster gebrand en verkrag is.

Volgens polisiewoordvoerder, Mmako Mophiring, is Oates buite haar plaashuis oorval toe sy van ‘n vergadering in Bethlehem teruggekeer het. Die rowers het geld geëis. Die booswigte het met geld en selfone in Oates se Mahindra-bakkie, wat gister verlate in Intabaswe gevind is, gevlug. Oates sterk by familie aan. Sy het by monde van VL se Tommie Esterhuyse gesê sy koester geen wrok nie.

Intussen soek die polisie steeds na twee rowers nadat ‘n plaasbestuurder, Robert Rhadebe, in Augustus ook op ‘n plaas by Harrismith vermoor is. Hy en sy vrou Martha is ook met messe aangeval en hul verlate bakkie is ook in Intabaswe gevind. Die booswigte het ook geld gesoek. Mophiring sê dit is nie duidelik of die twee aanvalle verband hou nie.  

Christal-Lize Muller/OFM-nuus

 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.