On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Van der Leeuw-moordverhoor: Borgtogaansoek duur voort

───   DANE BEISHEIM 14:15 Tue, 06 Oct 2015

Van der Leeuw-moordverhoor: Borgtogaansoek duur voort | News Article

Potchefstroom - Finale argumente in die borgtogverhoor van twee mans wat verbind word met die dood van die Potchefstroomse beesboer Koos van der Leeuw, word vandag in die plaaslike hof aangehoor.

Die ander twee beskuldigdes het verkies om nie om borgtog aansoek te doen nie.

Die 68-jarige Van der Leeuw is in Augustus in die kop geskiet tydens 'n rooftog by die dorp se abattoir. Hy het later in die hospitaal gesterf.

Die booswigte het weggekom met R77 500 en 'n selfoon.

Dit het vanoggend ook aan die lig gekom dat een van die beskuldigdes, Aida Lebaka, afstand gedoen het van haar reg op borgtog nadat sy sowat twee weke gelede in die Potchefstroom-gevangenis aan 'n babadogter geboorte geskenk het.

Dane Beisheim/OFM-nuus

 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.