On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Vredefort-driedubbelemoord: Beskuldigde bly in aanhouding

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:46 Wed, 07 Oct 2015

Vredefort-driedubbelemoord: Beskuldigde bly in aanhouding | News Article

Vredefort - Die vermeende moordenaar van ‘n Vrystaatse kontrakteur, wat herstelwerk op plase gedoen het, en twee kinders op ‘n plaas by Vredefort is aanstaande maand weer in die hof.

Dit kom nadat Tsietsi Joseph Mangola vroeër borgtog geweier is in die plaaslike landdroshof. Sy verhoor is uitgestel tot 5 November vir verdere ondersoek.

Mangola staan tereg op die moord op Hansie Raath en twee minderjarige seuns, Petrus Mohlamme en Katleho Mosolodi, op 11 September.

Mangola het glo eers vir Raath, sy voormalige werkgewer, en toe die twee seuns in Raath se plaashuis doodgeskiet.

Raath, ‘n weldoener wat hom oor behoeftige plaaskinders ontferm het, het Mangola glo vroeër die dag op die dorp gaan haal om by hom op die plaas te kuier. Vier plaaskinders het hom vergesel.

Ná die skietvoorval het twee kinders weggehardloop en hulp ontbied, terwyl Mangola op die vlug geslaan het. Hy is die volgende dag in Kroonstad in hegtenis geneem. Raath se pistool is ook in die Valsrivier by Kroonstad gevind.  

Christal-Lize Muller/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.