On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

Brand woed by Dewetsdorp

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:10 Wed, 07 Oct 2015

Brand woed by Dewetsdorp | News Article

Dewetsdorp - 'n Hewige veldbrand, wat vinnig versprei, woed naby Dewetsdorp in die Vrystaat.

Voorsitter van die Dewetsdorp-brandvereniging, Johann Breytenbach, sê boere van die gebied en ‘n brandspan van Working on Fire spook sedert vroeg vanmiddag om die vlamme, wat deur sterk wind aangeblaas word, onder beheer te bring.

Breytenbach sê warm en droogtetoestande ná die winter bemoeilik egter hul taak. Volgens hom het die brand op die plaas Deelpan ontstaan en in ‘n oostelike rigting na Hobhouse versprei. Die oorsaak is nog onbekend.

Duisende hektaar weiveld het ‘n paar maande gelede in die gebied afgebrand weens ‘n wegholbrand.

Christal-Lize Muller/OFM-nuus
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.