On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Local News

Upington-dwelmverhoor: Ndlovu bly in aanhouding

───   18:33 Thu, 08 Oct 2015

Upington-dwelmverhoor: Ndlovu bly in aanhouding | News Article

Upington - Die man wat by Upington in hegtenis geneem is nadat dwelmmiddels, met ‘n straatwaarde van R4,85-miljoen in sy besit gekry is, moet weer op 20 Oktober in die hof verskyn.

Spamandla Ndlovu is Maandag deur die Pababello-polisie by sy huis vasgekeer. Mandrax-tablette, sakkies tik en ‘n sak met plofbare materiaal is onder meer gekonfiskeer. Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, Marina Brewis, sê hy bly in aanhouding.

Die drie mans wat Sondag in ‘n ander klopjag in die gebied deur die polisie in besit van dagga ter waarde van meer as R338 000 gearresteer is, het Maandag in die hof verskyn.

Martin Phillips en Tabang Molefe is uit op borgtog van R500 elk en moet weer op 4 November in die hof verskyn.

Die klag teen ‘n derde verdagte is laat vaar.

Mark Steenbok/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.