On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Local News

Petro Nel: Nog geen teken van vermiste vliegtuig

───   REFILWE GAESWE 08:13 Fri, 09 Oct 2015

Petro Nel: Nog geen teken van vermiste vliegtuig | News Article

Mahikeng - Die soektog na die vermiste mikroligte vliegtuig waarin die DA se adjunk-leier in Noordwes, Petro Nel, in Nepal gevlieg het, is vanoggend hervat.

Die voormalige DA-leier in die provinsie, Chris Hattingh, sê Nel is op vakansie in Nepal en het ’n besigtigingsvlug geneem wat veronderstel was om ’n uur te duur. Die vliegtuig, wat vroegoggend in Pokhara opgestyg het, het egter nie soos geskeduleer teruggekeer nie.

Hattingh sê die gebied waar die vliegtuig weggeraak het, is geweldig bergagtig.

Die loods is van Rusland. Die owerheid in Nepal is in kontak met Nel se man.

Refilwe Mekoa/OFM-nuus


Podcasts

Chris Hattingh:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.