On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Bloemfonteinse ontsnapte leeuwyfie steeds skoonveld

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 16:42 Tue, 13 Oct 2015

Bloemfonteinse ontsnapte leeuwyfie steeds skoonveld | News Article

Bloemfontein - Die Vrystaatse departement van omgewingsake het bevestig dat ‘n leeuwyfie wat verlede Vrydag van ‘n plaas buite Bloemfontein ontsnap het, nog nie gevind is nie.

Woordvoerder, Kgotso Tau, het aan OFM-nuus gesê die polisie se veediefstaleenheid patrolleer die gebied en inwoners is in kennis gestel van die ontsnapte leeu.

Tau sê die eienaar van die plaas by Vaalbank-Suid, net buite die stad, het verlede week ‘n leeumannetjie saam met wyfies afgekamp, waarvoor daar wetlik voorsiening gemaak is.

’n Geveg het uitgebreek, waarna die mannetjie een wyfie doodgebyt het en nog 'n wyfie aangeval het. Dié wyfie het later ontsnap en word nog gesoek. Hy sê die departement is eers gistermiddag van die voorval in kennis gestel. Die leeuwyfie is sedert die ontsnapping nog nie gewaar nie.

Die identiteit van die plaaseienaar is aan OFM-nuus bekend. Hy kon nog nie vir kommentaar bereik word nie.

Christal-Lize Muller/OFM-nuus

 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.