On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Local News

Uitwissing van emmerstelsel in VS gekritiseer

───   CATHY DLODLO 17:09 Tue, 13 Oct 2015

Uitwissing van emmerstelsel in VS gekritiseer | News Article

Bloemfontein - Die Vrystaatse departement van koöperatiewe regering en tradisionele sake is vandag skerp gekritiseer vir sy program vir die uitwissing van die emmerstelsel.

DA MPL James Letuka het tydens ‘n sitting van die wetgewer gesê dat vrae oor die program aan LUR Olly Mlamleli met teenstrydighede beantwoord is.

Hy sê die departement het aangedui dat dit sowat R8 000 kos om ‘n nuwe toilet te bou. OFM-nuus het egter onlangs berig dat Bloemwater – wat as implementeringsagent vir die program aangestel is – sowat R30 000 per toilet betaal het.

Letuka sê Mlamleli het ook aangedui dat oor die afgelope ses jaar nie eens die helfte van die meer as 116 000 emmertoilette in die provinsie vervang is nie.

Hy het ook kapsie gemaak teen Mlamleli se stelling dat spoeltoilette nie die gewenste opsie vir dele van Thaba Nchu en Qwaqwa is nie.  

Cathy Dlodlo/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.