On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Local News

Foto's:Sheri Brynard maak weereens geskiedenis

───   08:24 Sun, 22 Jul 2012

Foto's:Sheri Brynard maak weereens geskiedenis | News Article

Lani Fouché

Johannesburg - Die Vrystaat se eie ambassadeur vir Downsindroom-lyers, Shéri Brynard, het gisteraand weereens geskiedenis gemaak toe sy die eerste gestremde persoon geword het wat ‘n kategorie in die Shoprite Checkers Women of the Year awards gewen het. Die 30-jarige Brynard, wat self Downsindroom het, het as die wenner in die afdeling, Youth Movers, met ‘n kontantprys van R100 000 weggestap. Die 16de Women of the Year Awards het gisteraand in Johannesburg plaasgevind. Brynard is ook die eerste Downsindroom-lyer in die land wat ‘n tersiêre kwalifikasie het. Sy is ‘n assistent-onderwyser by die skool vir gestremde kinders in Bloemfontein, Lettie Fouché. Brynard het gisteraand aan OFM Nuus gesê dié toekenning het as ‘n skok gekom:

Brynard was al in die bekende Afrikaanse sepie Binnelanders te sien, en tree nasionaal en internasionaal as ‘n motiveringspreker op.

Shéri Brynard en haar ma, Suzette.

Die vyf wenners van die Shoprite Checkers Women of the Year 2012. Van links: Marisa van der Merwe in die Educators-afdeling, Margi Biggs in die Good Neighbours against Crime-afdeling, Shéri Brynard in die Youth Movers-afdeling, Nyeleti Mushwana in die Socio-economic Business Developers-afdeling en Tina Botha in die Health Care-Givers-afdeling. Emeritus aartsbiskop Desmond Tutu het die Lifetime Achievement Award in sy afwesigheid gewen.

Foto's: Lani Fouché


Podcasts

Foto's:Sheri Brynard maak weereens geskiedenis:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.