Other News
Giniel teleurgesteld oor taai negende skof─── 16:26 Tue, 15 Jan 2013
Giniel de Villiers, sê hy is teleurgesteld dat hy nie beter gevaar het in gister se negende skof van die Dakar-tydren nie.
Liezl Liebenberg
Suid-Afrikaanse renjaer, Giniel de Villiers, sê hy is teleurgesteld dat hy nie beter gevaar het in gister se negende skof van die Dakar-tydren nie. De Villiers het die langste skof van die tydren in die vyfde plek klaargemaak. Die skof is deur Nani Roma van Spanje gewen, met tienmalige kampioen, Stephane Peterhansel, in die tweede plek. De Villiers sê hy is egter verlig dat hy weer in die algehele tweede plek van die tydren ingeskuif het, nadat Nasser Al-Attiyah motorprobleme ondervind het. De Villiers self het egter gister met sy motor se remme gesukkel, en die laaste deel van die skof amper heeltemal sonder remme afgelê.
De Villiers is nou ses minute voor Rusland se Leonid Novitskiy, wat in die algehele derde plek is. Peterhansel het egter steeds ‘n reuse voorsprong van 49 minute voor die Suid-Afrikaner.

Giniel de Villiers: