Cyril Viljoen
The Night Flight with Cyril Viljoen
National
Share your news:
Phone Number
082 370 1268

National

Pogings onderweg om groter stabiliteit in mynsektor te kry

Pogings onderweg om groter stabiliteit in mynsektor te kry
Pogings is onderweg om groter stabiliteit in die mynsektor te weeg te bring.

Die SAUK berig dat die National Union of Mineworkers op die oomblik met die Kamer van Mynwese vergader te midde van nóg 'n staking.

Werkers by AngloGold Ashanti se Kopanang myn, naby Orkney, het vanoggend met 'n onbeskermde staking begin.

Stakings gaan nog voort by die KDC-myn van Goldfields en Anglo Platinum in Rustenburg.

Die NUM het Woensdagaand tydens 'n spesiale bestuurskomitee vergadering besluit om die Kamer van Mynwese te betrek om die arbeidsgeskille op te los.

SAUK