On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

National

ANC kap terug na FW uitlatings

───   07:56 Fri, 02 Nov 2012

ANC kap terug na FW uitlatings | News Article
Port Elizabeth - Oudpresident FW de Klerk probeer die Nasionale Party as 'n beter regerende party as die ANC uitbeeld.

Lubabalo Mabuyane, sekretaris van die ANC in die Oos-Kaap, het gesê die land se ekonomie is in die toestand waaraan dit is omdat die NP swart mense letterlik uit die ekonomie en samelewing geskop het.

Die ANC het reageer op berigte dat De Klerk die ANC blameer het vir die land se toenemende ekonomiese en sosiale probleme.

De Klerk het Woensdag in 'n toespraak voor sakeleiers teen die ANC se beleid oor die hervedeling van rykdom uitgevaar. Hy het gesê die party gaan 'n situasie veroorsaak "waar mense se vooruitsigte weer bepaal sal word deur ras, eerder as individuele verdienste en omstandighede".

Mabuyane het gesê die ANC sal sy beleid nie verander nie.

Sapa

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.