On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

National

'Modimolle-monster' weier om te pleit

───   16:00 Mon, 19 Nov 2012

'Modimolle-monster' weier om te pleit | News Article
Pretoria – Johan Kotzé, die sogenaamde Modimolle-monster, het Maandag in die Pretoria-hooggeregshof geweier om te pleit op die aanklagte teen hom ná 'n regter sy span se aansoek om die saak uit te stel, van die hand gewys het.

Waarnemende regter Bert Bam het egter namens Kotzé 'n pleit van onskuldig aangeteken op sewe aanklagte van onder meer verkragting, poging tot moord en moord.

Kotze se drie medebeskuldigdes, Andries Sithole, Pieta Mohlane en Frans Mphaka, het almal onskuldig gepleit op die aanklagte teen hulle.

Hulle het al drie gesê Kotzé het hulle gedwing om die misdade te pleeg.

Johan Kotzé se regsverteenwoordigers het aangevoer hulle kon nie voorberei nie, aangesien hulle onder andere gesukkel het om die dossier in die hande te kry. Die staat het dié aansoek teengestaan.

Nadat beide die staat en die verdediging hul motiverings aan die regter voorgelê het, het hy besluit om wel met die verhoor voort te gaan.

Kotzé en sy drie medebeskuldigdes word daarvan aangekla dat hulle sy eksvrou, Ina Bonnette, verkrag en gemartel het. Hulle is vroeër vanjaar ná ‘n reuse-soektog vasgetrek.

Bonnette het vroeër aan die dagblad Beeld gesê sy het haar geestelik voorberei om teen haar eksman te getuig.

Kotzé het Andries Sithole, Peter Mohlako, en Sello Mphaka aangestel om in die tuin van sy huurhuis in Modimolle te werk.

Hy het die mans na bewering met 'n vuurwapen gedreig en beveel om Bonnette met voorwerpe, insluitend spykers en 'n skroewedraaier, te martel.

Kotzé het na bewering ook sy stiefseun, Conrad (19), na die huis gelok en hom koelbloedig doodgeskiet.

Nuus24

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.