On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

National

Diepsloot-moorde: Hoofverdagte verskyn Maandag

───   08:19 Fri, 18 Oct 2013

Diepsloot-moorde: Hoofverdagte verskyn Maandag | News Article
Johannesburg - Die hoofverdagte in die moord op en verkragting van twee kleuters van Diepsloot sal Maandag in die Pretoriase Landdroshof verskyn.
Volgens Gautengse polisiewoordvoerder, Lungelo Dlamini, is die man vanoggend in Alexandra in hegtenis geneem en sy nasionaliteit word tans vasgestel.
 
Hy is die vyfde en hoofverdagte in die saak en word sedert Dinsdagoggend, toe Yonelisa en haar niggie Zandile Mali se lykies in 'n buitetoilet in Diepsloot gevind is, gesoek.
 
Die polisie het gister 'n identikit van die verdagte uitgereik en 'n beloning van R100 000 uitgeloof vir sy arrestasie en suksesvolle vervolging.
 
Vier mans wat vroeër oor die moorde ondervra is verskyn vandag in die Pretoria-landdroshof op aanklagte van moord en verkragting.
 
Die hoofverdagte sal tereg staan op 'n bykomende klag van ontvoering.

Sapa

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.