On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

National

Minstens vier familie-verwante moorde in die Nuwe Jaar-tydperk aangemeld

───   08:56 Thu, 02 Jan 2014

Minstens vier familie-verwante moorde in die Nuwe Jaar-tydperk aangemeld | News Article
Bloemfontein - Minstens vier familie-verwante moorde is in die Nuwe Jaar-tydperk in verskillende provinsies aangemeld.
 
In Bloemspruit naby Bloemfontein het 'n polisiekonstabel na bewering sy vrou doodgeskiet en twee van haar kinders gewond, voordat hy homself doodgeskiet het.
 
In Vosman, Mpumalanga het 'n man homself, sy vrou en hulle kind in 'n slaapkamer toegesluit en aan die brand gesteek. Al drie is oorlede.
 
In Polokwane in Limpopo, verskyn 'n man vandag in die hof op vyf aanklagte van moord, nadat hy sy vriendin en haar vier kinders doodgeskiet het. Onder die slagoffers is 'n tweemaande oue baba.
 
'n Man verskyn ook môre in die Chatsworth landdroshof weens die moord op sy vrou en twee kinders.
 
Hy het homself later aan die polisie oorgegee en sal op drie aanklagte van moord verskyn.
 
Sapa 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.