On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

National

Brand e-tolrekeninge: Cosatu

───   06:08 Fri, 25 Jul 2014

Brand e-tolrekeninge: Cosatu | News Article
Johannesburg - Cosatu sê motoriste in Gauteng moet voortgaan om die provinsie se hoofweë te gebruik sonder om hul e-tolrekeninge te betaal.

“Ons doen 'n beroep op mense om voort te gaan om die stelsel uit te daag en diegene wat rekeninge gekry het moet dit brand,” het Dumisani Dakile, provinsiale sekretaris van Cosatu, gesê.

“Ons sal binnekort 'n groot seremonie reël waar lede van die publiek hul e-tolrekeninge voor Sanral se kantore kan kom brand as deel van ons versetveldtog.”

David Makhura, premier van Gauteng, het onlangs 'n paneel op die been gebring om die impak van die stelsel op die provinsie te ondersoek. Cosatu het die stap verwelkom.

“Ons dink dat hierdie poging om 'n oplossing te vind vir die ramp wat deur die departement van vervoer en Sanral geskep is, die nodige ruimte gegun moet word.”

Dakile sê Cosatu verwerp pogings deur Sanral en die Nasionale Vervolgingsgesag om mense wat nie hul e-tolrekeninge betaal nie, te vervolg.

Sanral het vroeër aangekondig dat hy gehoor gee aan Dipuo Peters, minister van vervoer, se versoek dat die vervolging van motoriste wat nie e-tolrekeninge betaal nie, vir eers gestaak word.
 
Sapa 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.