On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Africa News

Wrak van vermiste Algerynse-vliegtuig gevind

───   06:20 Fri, 25 Jul 2014

Wrak van vermiste Algerynse-vliegtuig gevind | News Article
Ouagadougou - Die wrak van die vliegtuig van 'n Algerynse lugdiens wat gisteroggend vermis geraak het, is in Mali gevind.
 
Die koördineerder van die krisis-eenheid in Ouagadougou sê die wrak is 50 kilometer noord van die Burkina Faso-grens in die Gossi-streek van Mali gevind.
 
Spanne van Frankryk, Mali, Algerië en Niger het aan die soektog deelgeneem. Amptenare het vroeër gesê weerstoestande kon 'n rol gespeel het in die vliegtuig se verdwyning.
 
Die vliegtuig met 116 mense, onder wie 51 Franse burgers, het tussen Burkina Faso en Algerië vermis geraak.
 
Die bemanningslede was Spanjaarde.
 
BBC 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.