On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Local News

Kimberley-skole gedreig met afsny van water en elektrisiteit

───   OWEN KOCK 09:16 Tue, 29 Jul 2014

Kimberley-skole gedreig met afsny van water en elektrisiteit | News Article
Owen Kock
Kimberley - ‘n Hofbevel is vroeër vandeesmaand toegestaan waarin die Emfuleni-munisipalitiet verbied word om skole in die Vanderbijlpark-omgewing se watertoevoer te sny weens agterstallige munisipale belasting, en dit het nou na die skole in die Sol Plaatje-munisipaliteit oorgespoel.
 
Volgens Jaco Deacon van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole, is van hul lidskole in die Kimberley-omgewing nou in dieselfde bootjie.
 
Dié skole het almal briewe ontvang waarin hulle gemaan word dat hul water en elektrisiteit teen Donderdag gesny word indien hul agterstallige rekeninge nie vereffen word nie.
 
Deacon het die skuld vir die situasie waarin die skole hulle bevind, toegeskryf aan swak diens van die department van openbare werke in die Noord-Kaap.


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.