On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

National

Kind wat boelie doodgeskiet het van moord aangekla

───   09:18 Tue, 29 Jul 2014

Kind wat boelie doodgeskiet het van moord aangekla | News Article
Vosloosrus - 'n Leerder van Vosloosrus, wat na bewering 'n skoolboelie doodgeskiet het, sal in Oktober op 'n aanklag van moord met voorbedagte rade verskyn.
Die besluit om met die verhoor voort te gaan volg op 'n versoek deur die leerder se regsverteenwoordiger, William Karam, om die saak af te wys en die kind 'n spesiale program vir jeug, wat van misdade aangekla word, te laat deurloop.
 
Die Nasionale Vervolgingsgesag het egter die aansoek afgekeur. Karam het teen die besluit van die Vervolgingsgesag geappélleer, wat ook afgekeur is. Karam is ingelig dat die kind nie aan die vereistes vir die program voldoen nie.
 
Karam het aan die media gesê hy is teleurgesteld deur die Vervolgingsgesag se besluit aangesien die aangeklaagde nog jonk is en die slagoffer as 'n probleemkind bekendgestaan het.
 
Die kind staan ook tereg op aanklagte van die onwettige besit van 'n vuurwapen en onwettige besit van ammunisie.
 
Sapa
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.