On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Human Interest

Gebede gevra vir Ollie Viljoen in die hospitaal

───   14:07 Wed, 30 Jul 2014

Gebede gevra vir Ollie Viljoen in die hospitaal | News Article
Somerset-Wes - Ollie Viljoen se familie en ander bekendes in die Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf het die publiek versoek om vir dié bekroonde musikant te bid, wat tans in 'n hospitaal behandel word.

Die musikant Anton Goosen het Woensdag uit Hermanus in die Wes-Kaap aan Maroela Media gesê Viljoen is verlede week in die hospitaal opgeneem weens hartversaking en ander komplikasies.

“Ons gaan kuier elke dag by hom sedert hy opgeneem is. Hy is in 'n baie goeie luim, maar mens kan sien sy lyf is bietjie moeg en wil nie saam met sy gees speel nie,” het Goosen gesê. “Hy is in goeie hande en het 'n goeie span dokters wat na hom omsien. Hy het ook 'n goeie ondersteuningsnetwerk.”

Daar word tans glo reëlings getref om Viljoen na 'n hospitaal in Somerset-Wes oor te plaas vir gevorderde behandeling.

Steve Hofmeyr het Woensdag op Twitter geskryf: “’n Vinnige skietgebed vir die legendariese oom Ollie Viljoen wat opgeneem is in ‘n hospitaal in Hermanus.”

Die sanger Andries Vermeulen het op sy Facebook-blad gesê: “Ek doen 'n beroep op almal wat omgee, om die legendariese Oom Ollie Viljoen op te dra in jul gebede en hom voor Jesus se voete neer te lê. Hy is tans in die hospitaal en baie siek!”

Karen Zoid het ook op Facebook aan Viljoen hulde gebring en gesê: “Woorde kan nie beskryf hoe spesiaal jy is vir my nie. Lief vir jou Ollie. X”

Viljoen is bekend vir sy geesdriftigheid en is een van die “groot geeste” wat gevra is om by vanjaar se Oppikoppi-fees saam met onder meer Hugh Masekela op te tree. Oppikoppi vind van 7 tot 9 Augustus in Northam in Limpopo plaas. Dit is nog nie bekend of sy optrede gekanselleer gaan word nie. Die feesorganiseerder beskryf Viljoen as “stout, entoesiasties en altyd gereed vir 'n deuntjie, of drie”.

Viljoen, in sy 70’s, het in 2007 van Gauteng na die Wes-Kaap verhuis vir sy aftrede. Hy het hom steeds besig gehou met CD-opnames, toere, produksies en solovertonings dwarsoor die land.
Maroela Media

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.