On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

National

Drie swaar gestraf vir Richmond-moorde

───   14:55 Wed, 30 Jul 2014

Drie swaar gestraf vir Richmond-moorde | News Article
Pietermaritzburg - Die Pietermaritzburgse hooggeregshof het die beskuldigdes in die moorde op 'n bejaarde egpaar en hul seun van Richmond in KwaZulu-Natal lewenslank tronk toe gestuur.
 
Die SAUK berig dat die drie mans ook 'n bykomende 15 jaar vir die misdaad gekry het.
 
Zamo Maduna, Siphesihle Ngubane en Lindokuhle Khoza het Ekard en Elizabeth Schutte, en hulle seun Luts in Maart vanjaar op hulle kleinhoewe aangeval, verskeie kere met messe gesteek en aan die brand gesteek.
 
Waarnemende regter Louis Barnard het in sy uitspraak gesê hulle het geen berou oor hul dade getoon nie.
 
SAUK 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.