On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

National

Munisipaliteite spandeer bykans R700 miljoen op OG-voorbereiding

───   09:09 Thu, 31 Jul 2014

Munisipaliteite spandeer bykans R700 miljoen op OG-voorbereiding | News Article
Johannesburg - Munisipaliteite en munisipale entiteite in Suid-Afrika het R695 miljoen op konsultante spandeer om hul finansiële state vir die ouditeur-generaal in orde te kry.
 
Die ouditeur-generaal, Kimi Makwetu, het aangedui dat slegs 30 van die 319 munisipaliteite oor die land heen vanjaar
skoon oudits ontvang. Volgens Makwetu is R11,6 miljard se onregmatige uitgawes in die huidige boekjaar aangegaan.
 
Dit is ‘n verhoging van 31% teenoor die 2012/2013-jaar.
 
Altesaam R8 miljard van die R11,6 miljard is goedere en dienste wat ontvang is sonder dat die regte verkrygingprosesse gevolg is.
 
Geen munisipaliteite in die Vrystaat, Limpopo of Noordwes het ‘n skoon oudit gekry nie. Een van die hoofredes wat hiervoor aangevoer word, is sleutelposte wat vakant is.
 
Sowat 88% van munisipaliteite het beamptes in sleutelposte aangestel al het hulle nie die nodige vaardighede nie.
 
Sapa

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.