On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

National

Zuma verbyvlug jaag belastingbetalers duisende uit die sak

───   07:53 Fri, 01 Aug 2014

Zuma verbyvlug jaag belastingbetalers duisende uit die sak | News Article
Kaapstad - Die departement van openbare ondernemings het bevestig dat die SAL-vliegtuig se verbyvlug op president Jacob Zuma se inhuldiging by die Uniegebou in Pretoria 'n paar maande gelede belastingbetalers meer as R200
000 uit die sak gejaag het.
 
Dit terwyl die SAL Airbus se verbyvlug skaars 'n minuut lank geduur het. Minister van openbare ondernemings, Lynn Brown, het gister in die parlement gesê die totale koste van die vlug in Mei het R215 000beloop. Sy het op 'nvraag van DA-LP David Maynier in die parlement gereageer.
 
In Brown se uiteensetting het sy gesê die bemanning het gratis opgetree sonder enige vergoeding vir ete-uitgawes. Die
lugverkeer en navigasiekoste is kwytgeskeld. Daar was ook 90% afslag vir parkering- en landingsfooie. Die grootste uitgawe was brandstof wat sowat R140 000 beloop het.
 
Sapa

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.