On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

National

Speelgoed dalk sleg vir jou kind

───   LERATO LELIA 15:14 Tue, 19 Aug 2014

Speelgoed dalk sleg vir jou kind | News Article

Bloemfontein - Plastiese speelgoed vir kinders kan die risiko om hormoon-verwante probleme te ontwikkel, verhoog en ook hul voortplantingstelsel skade aandoen.

Volgens KANSA se hoof van gesondheid, Michael Herbst, bevat dié speelgoed 'n chemiese phthalates, bekend daarvoor om plastiek meer buigbaar te maak, maar ook dat dit kanker kan veroorsaak.
 
Volgens Herbst is kinders meer vatbaar vir die stof weens hulle hand tot mond-gedrag en blootstelling aan plastiese voorwerpe soos babamelkbottels.
 
Phthalates word gekoppel aan gesondheidsprobleme in volwassenes wat tot hormoon-verwante kankers, soos bors- en prostaatkanker lei.
 
Daar word voortdurend navorsing gedoen om die gevare van die chemiese stowwe te bepaal.
 
Lerato Lelia/OFM-nuus
 
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.