On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

National

Zuma betuig medelye ná Alberton-ineenstorting

───   10:23 Thu, 21 Aug 2014

Zuma betuig medelye ná Alberton-ineenstorting | News Article

Alberton - President Jacob Zuma het sy medelye betuig met die families van die sewe mense wat Maandag dood is nadat 'n huis in Alberton, suid van Johannesburg, ineengestort het.

“Ek was baie hartseer toe ek van die verskriklike tragedie en lewensverlies verneem het. Ons wil namens die regering en al die inwoners van Suid-Afrika ons innige meegevoel met die familie en vriende van die oorledenes betuig,” het Zuma gesê.

“Ons wens aan almal wat tydens die tragiese voorval beseer is, 'n spoedige herstel toe.”

Sewe konstruksiewerkers is Maandag dood nadat 'n huis in die Meyersdal Eco-landgoed gedeeltelik ineengestort het.

Zuma sê die regering het 'n span inspekteurs en ingenieurs na die toneel gestuur om ondersoek in te stel na die voorval. Hy het 'n beroep op bouers en projekbestuurders gedoen om aan die bou-en veiligheidsregulasies te voldoen.

Die Ekurhuleni-munisipaliteit het Dinsdag gesê daar is nie planne ingedien vir die aanbouings aan die huis nie.

“Daar is nie planne by die Ekurhuleni-munisipaliteit ingedien nie, en die aanbouings was dus onwettig,” het Themba Radebe, woordvoerder van die munisipaliteit gesê.

Die boukontrakteur wat betrokke was by die aanbouings het Woensdag gesê dat hulle gaan help om vir die sewe werkers wat dood is se begrafnisse te betaal.
 
Sapa 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.