On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

National

Seun (13) voer glo babahondjie vir veghonde

───   06:49 Fri, 22 Aug 2014

Seun (13) voer glo babahondjie vir veghonde | News Article

Vredenburg - Diereliefhebbers het hul skok uitgespreek nadat 'n 13-jarige seun in Vredenburg in die Wes-Kaap glo 'n babahondjie vir twee veghonde gevoer het.

Michell Macun van die dierewelsynsorganisasie LEAPS, sê die seun het Maandagmiddag na bewering sy bure se babahondjie gesteel. Die seun bly in 'n informele nedersetting buite Vredenburg.

Hy het toe glo die tefie genaamd Angel en wat 'n paar weke oud is, deur 'n heining verder af in die straat aan twee Amerikaanse veghonde gevoer.

Die eienaar van die veghonde het 'n getjank en gegrom gehoor en na buite gehardloop waar sy haar twee honde van die babahondjie af weggeruk het. Haar een beentjie was toe glo reeds uitgeskeur.

Die eienaar het onmiddellik vir Dot Skelly, een van LEAPS se vrywilligers, oor die voorval in kennis gestel.

Angel is na die Wesland-dierekliniek in Vredenburg geneem vir behandeling. “Ons kon daarin slaag om die bloeding te stop en Angel het die eerste aand oorleef,” het Macun gesê.

“Sy moes die volgende dag weer 'n operasie ondergaan om ekstra weefsel te verwyder. Sy is egter Woensdagaand kort na middernag dood. Ons vermoed haar lyf kon nie die skok hanteer nie.”

Bronwyn Coetzee, 'n vrywilliger, het na Angel omgesien tydens haar herstelproses.

LEAPS het intussen 'n saak van dieremishandeling by die Vredenburg-polisiestasie aanhangig gemaak.

Christo de Wet, waarnemende woordvoerder van dié stasie, het bevestig hulle ondersoek die saak.
 
Maroela Media 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.