On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

National

Verna Vels oorlede op 81

───   08:54 Fri, 22 Aug 2014

Verna Vels oorlede op 81 | News Article

Johannesburg - Verna Vels, skepper van die TV-karakter Liewe Heksie, is in die ouderdom van 81 jaar dood, berig RSG.

Sy is stil in haar slaap by haar huis in Johannesburg oorlede. Sy was die afgelope tyd siek aan kanker.
 
Sy het in Junie vanjaar haar 81ste verjaardag gevier.
 
Die eerste Liewe Heksie-reeks is in 1963 op die Afrikaanse Radiodiens uitgesaai, al het Vels reeds in 1961 stories oor
Blommie Kabouter vir die kinderprogram Siembamba geskryf.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.