On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Human Interest

Wyle Verna Vels bly teenwoordig in vele huise

───   SABRINA DEAN 14:50 Fri, 22 Aug 2014

Wyle Verna Vels bly teenwoordig in vele huise | News Article

Johannesburg - Liewe Heksie, Blommie Kabouter en Bennie Boekwurm se stemme is nou finaal stil, maar Verna Vels sal nog baie jare ‘n teenwoordigheid wees in huise waar ouers vir kinders met Liewe Heksie grootmaak.

Vels is gisteraand na ‘n lang siekbed in Johannesburg oorlede.
 
NB Uitgewers sê in 'n huldeblyk dit kan van min mense gesê word dat hulle vir meer as veertig jaar 'n vormende invloed gehad het op 'n taal se lesers.
 
Verna Vels het sedert sy in 1961 vir Liewe Heksie en Blommie Kabouter geskep het, Afrikaanssprekende kinders deur haar radioprogramme, boeke en televisiewerk bekoor en die wonderlike wêreld van die verbeelding leer ontgin.
 
Sewende Laan-uitgewer, Liby Nel sê Vels verdien die hele land se erkenning - sy was 'n vrou uit een stuk.
Vels is in Reitz in die Vrystaat gebore en het ook daar gematrikuleer.
Sabrina Dean/OFM-nuus






Podcasts

Liby Nel:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.