On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

National

Mielie-oes groter as geskat

───   09:31 Thu, 28 Aug 2014

Mielie-oes groter as geskat | News Article

Bloemfontein - Die land se mielie-oes blyk nog groter te wees as wat verlede maand geskat is.

Volgens die Oesskattingskomitee se nuwe syfers, wat hoofsaaklik op die werklike lewering van mielies deur boere gebaseer is, is die oes 290 000 ton meer as die vorige skatting van net meer as 14 miljoen ton.
Hierdie rekord-oes en verwagte goeie oeste in Amerika en die res van dié wêreld plaas baie druk op mielieboere, as gevolg van laer pryse.
 
Markontleders en ekonome meen egter pryse kan in die komende maande weer begin styg.
 
Volgens die Oesskattingskomitee lyk dit of die koringoes tot 5% kleiner kan wees as die vorige seisoen se oes van 1,87 miljoen ton.
 
Dirk Kok/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.